Eskom wil van 500 wit werknemers onstlae raak

Solidariteit in Suid-Afrika sê Eskom wil in die volgende twee jaar ontslae raak van 500 wit manlike werknemers, waarvan die meeste instandhoudingswerk doen. Die vakbond sê dit vorm deel van die nutsmaatskappy se jongste Diensbillikheidsplan vir 2023 tot 2025. Die organisasie se regspan het ’n brief aan Eskom gestuur waarin daar gevra word vir ’n moratorium op rasgebaseerde aanstellings om te help om die kragkrisis aan te spreek. Solidariteit het daarop gewys dat daar ‘n dringende behoefte in Suid-Afrika is vir die ontplooiing van die beste vaardighede in poste ongeag ras. Daar is gesê daar is beide bekwame swart en wit ambagsmanne by Eskom en in die bedryf. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, sê die plan het nie bekend gemaak hoe Eskom sy vaardigheidsuitdagings sal aanspreek nie, maar gaan alles oor velkleur op verskeie posvlakke. Hy het die rasteikens as absurd beskryf.