Verkrygingsraad moet waai – PDM

Die PDM sê hy oortuig daarvan dat daar geen ander gevolgtrekking gemaak kan word nie as dat die hele Sentrale Verkrygingsraad weens onbevoegdheid afgedank moet word. Die party sê hul administratiewe hoof, Amon Ngavetene, het erken dat hulle nie die personeel of die bevoegdheid het om die nodige omsigtigheid te doen wat verwag word van ‘n instelling wat miljarde van die belastingbetalers se geld te bestee nie. Kosmos 94.1 Nuus die PDM se skaduminister van finansies, Nico Smit gesels.