Bek- en klouseer in SA bring varkinvoere met 9% af
Minder varkvleis is verlede jaar ingevoer. Volgens die jongste berigte, is amper 9 persent minder varkvleis teenoor die 7,56 miljoen kilogram wat in 2021 ingevoer is. Terwyl dit veroorsaak is deur die bek-en klouseer uitbreking in die buurland, het dit ook geleentheid vir plaaslike produsente geskep maar, dit blyk asof daar nie kapasiteit was hiervoor nie. Die Vleisraad sê 46 323 diere is in 2022 bemark, amper 3 persent minder as die net meer as 47 700 diere wat in 2021 bemark is.