DA bekommerd oor waterkwessie by Limpopo-hospitaal

Die DA in Limpopo het sy kommer uitgespreek oor die kwessie rondom onvoorspelbare watervoorsiening in die Elim-hospitaal in Makhado. Die party sê hy word oorval deur klagtes van inwoners oor die gebrek aan water in die hospitaal. Die DA-lid, Risham Maharaj, sê die gebrek aan water het ‘n ernstige uitwerking op die hospitaal se higiëne en sanitasie.