Beiroet-ontploffing van 2020 weer ondersoek

Die regter wat die ontploffing in die hawe in Beiroet ondersoek, het Libanon se hoof-staatsaanklaer en nog drie regters aangekla in verband met die ramp in 2020 wat meer as 200 lewens geëis het. Regter Tarek Bitar het vroeër onverwags die ondersoek na die ontploffing hervat, ná ‘n oponthoud weens politieke teenkanting op hoë vlak. Verskeie lande en internasionale instansies het die afgelope maande herhaaldelik gevra dat die ondersoek hervat word. Die ramp is veroorsaak toe ammoniumnitraat, wat in die Beiroetse hawe geberg is, ontplof het. Die aanklagte teen die hoof-staatsaanklaer en drie regters is nie bekend nie.