Gaubrivier loop in die Suide
Ná die goeie reën loop die Gaubrivier in die Suide by die Rostock Ritz Desert Lodge in die Namib-woestyn. Die eienaar van die lodge, Hein Schultz, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die rivier loop nog onder die brug deur en hou geen gevaar in nie.