Navorser sê Psemas kos die staat miljarde

Reaksie is ontvang op President Hage Geingob wat sê die regering ondersoek die misbruik van die Staatsdiens Mediese Hulpskema, Psemas, deur lede en in hul afhanklikes. Geingob het aan ‘n afvaardiging van ‘n span Britse mediese spesialiste by Staatshuis gesê dat die land se mediese dekking redelik goed is, maar misbruik vind plaas wat die regering miljoene Namibiese dollar kos. Die regering verloor jaarliks 900 miljoen Namibiese dollar deur Psemas weens twyfelagtige eise en swendelary volgens die Internasionale Monetêre Fonds se bevindings. Eben de Klerk, ‘n navorser by die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, het sy mening oor Psemas aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.