Thailand se toerismesektor herstel

Thailand se departement van toerisme sê die land het in 2022 11,15 miljoen buitelandse besoekers ontvang, vergeleke met ongeveer 428 000 die vorige jaar toe die Covid-reisbeperkings van krag was. Die syfers klop die regering se teiken en weerspieël ‘n stewige ommekeer terwyl Thailand ná die pandemie probeer om sy belangrike toerismebedryf te laat herleef. In Desember was daar 2,24 miljoen buitelandse toeriste, vergeleke met slegs 230 497 in dieselfde tydperk in 2021. Voor die pandemie in 2019 was daar ‘n rekordgetal van byna 40 miljoen buitelandse toeriste. Thailand verwag vanjaar 25 miljoen internasionale besoekers.