Mynwese hou baie voordele vir gemeenskappe in – Uranium One

Uraaneksplorasie naby Leonardville staan steeds stil na Uranium One verlede jaar sy waterpermit verloor het. Die maatskappy het in ‘n verklaring vandag gesê daar is uiters baie voordele wat deur mynwese gebied word en dat hy reeds groot beleggings in die gemeenskap gemaak het. Beraamde werkskepping sal op 600 te staan kom met sekondêre geleenthede wat 4 200 werke kan insluit. Daar is ook ander voordele soos Riaan van Rooyen, kommunikasie konsultant vir Uranium One verduidelik.