Vrugte-uitvoere het baie goed vertoon

Namibië het vrugte ter waarde van 371,8 miljoen Namibiese dollar in November 2022 uitgevoer wat hoofsaaklik vir Nederland en die Verenigde Koninkryk bestem was, terwyl vrugte en neute ter waarde van 35 miljoen dollar na die land ingevoer is. Die Namibiese Statistieke-agentskap se ontleding vir die kommoditeit van die maand November 2022 het gefokus op beide die uitvoer en invoer van vrugte en neute. Gilbert Mulonda, die Namibiese Akkerbouraad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou, sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter vrugte Namibië hoofsaaklik uitvoer.