Shell maak nog ‘n ontdekking in ‘n nuwe put

Shell het volgens die jongste berigte koolwaterstowwe ontdek in sy Jonker 1-put wat hy in Desember begin boor het. Die put is suidoos van die uiters suksesvolle Graff 1-put in die Oranje-bekken. Koolwaterstowwe is die hoofkomponente van ru-olie en aardgas. Upstream berig die vroeë tekens van die nuwe vonds is belowend. Die plaaslike eenheid van Shell bedryf PEL 0039 met ‘n 45 persent belang, saam met QatarEnergy wat ook 45 persent het en Namcor met 10 persent. Evalueringswerk dui glo daarop dat die gas-tot-olie-verhouding in die Oranjekom se waters laer is as wat aanvanklik gedink is, wat beide TotalEnergies en Shell in staat kan stel om ‘n vroeë olieproduksiestelsel te kies.