Water weer vanaf Swakoppoortdam na Von Bach gepomp

Water is weer vanaf vanoggend van die Swakoppoortdam na die Von Bachdam gepomp nadat die pomp sedert verlede Donderdag buite werking was. Die Von Bachdam se vlak staan nou op 30 persent, ondanks reën die afgelope week. Die Swakoppoortdam is 73,8 persent vol. Water is ook vanaf die Daan Viljoendam na die Tilda Viljoendam op Gobabis gepomp wat nou 35,1 persent vol is. In die Suide het die Hardapdam ‘n verlies van 3,236 miljoen kubieke meter water gehad en is nou 46,7 persent vol. Die Neckartaldam het ‘n verlies van 3,639 miljoen kubieke meter gehad en die damvlak staan op 93,2 persent.