ActionSA belowe einde aan uitbuiting deur staatsdepartemente

ActionSA het sy standpunt herhaal dat wanneer die party in 2024 setels in die parlement wen, hy alles sal doen om te verseker om wetgewing in te dien om ʼn einde te maak aan die uitbuitende gebruik deur staatsdepartemente en entiteite om uit te kontrakteer. Dit sal behels om staatsdepartemente te dwing om uitvoerbaarheidstudies en finansiële impak-bepalings uit te voer. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Lerato Ngobeni sê dit moet gedoen word voordat enige permanente funksies, soos sekerheidswagte en skoonmakers, uitgekontrakteer word.