Gesondheidsministerie loop weer deur – die keer oor suurstof

Die Namibiese gesondheidsministerie is weer onder skoot, die keer omdat hy blykbaar versuim het om ‘n tender uit te sit vir die verskaffing van suurstof by staatshospitale regoor die land. Kabinet het reeds in November opdrag gegee dat die ministerie die toerusting bekom. Tydens die derde Covid-vlaag in die winter van 2021 was suurstof landwyd ‘n baie groot uitdaging en die sentrale regering sê kapasiteit moet in die verband versterk word. Bo en behalwe die tender wat nog nie gefinaliseer of geplaas is nie, wil dit ook voorkom asof daar nie wesenlike opknappings ten opsigte van suurstofvoorsiening gedoen is nie.