Landbou se vooruitsigte lyk traag vir 2023

Die Namibiese landbousektor het gedurende die derde kwartaal van 2022 met 14,2 persent gekrimp – die grootste daling sedert die tweede kwartaal van 2019. Volgens ‘n ontleding deur Simonis Storm het die afname ‘n daling van 18,9 persent in veeboerdery in. Die firma sê saaiboerdery het met slegs 2,7 persent gegroei teenoor 10,5 persent wat in die derde kwartaal van 2021 aangeteken is.  Die uitbreking van bek-en-klouseer in Botswana en Suid-Afrika het uitvoere na Namibië se gebruiklike in die derde kwartaal verhoed. Simonis Storm sê swak tot matige groei in akkerbou en effe verbeterde veeproduksie ondersteun ‘n trae groeivooruitsig vir die landbousektor.