Blitsbokke vou teen Nieu-Seeland

Die Springbok-sewesspan het tot in die vierde plek op die Wêreldsewes-punteleer teruggeskuif ná ‘n teleurstellende vertoning in Nieu-Seeland. Die Blitsbokke het twee wedstryde by die Nieu-Seelandse sewes naelskraaps verloor en sewende klaar gemaak. Argentinië het met die louere weggestap toe hulle Nieu-Seeland in die eindwedstryd met 14-12 verslaan het. Die gasheerland is tans boaan die punteleer. Die Springbok-sewes se afrigter, Sandile Ngcobo, sê sy span se uitvoering, of die gebrek daaraan, was hulle ondergang: