Aussenkehr-man verdrink in Oranjerivier

‘n Namibiese man het by Aussenkehr verdrink nadat hy deur die sterk stroom van die Oranjerivier meegesleur is. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het ‘n groep mans in die rivier geswem toe die 32-jarige man ‘n ander man te hulp gesnel het wat byna verdrink het. Die 32-jarige man is deur die rivier weggespoel en sy vriende kon nie sy liggaam langs die rivier vind nie. Hulle het  die polisie gekontak, wat ‘n span uitgestuur om te help soek, maar hulle kon hom ook nie kry nie. Die soektog na die liggaam duur steeds voort.