Waar op dees aarde is die SA-poskantoor?

Navorsing van die DA toon 80 persent van poskantore in Suid-Afrika antwoord nie hulle telefone nie. Talle van hulle het nie eers telefoonlyne wat werk nie. Dianne Kohler Barnard sê die publiek is jare lank al kwaad en glad nie beïndruk met die gebrek aan dienslewering van die Poskantoor nie. Kohler Barnard voeg by dienslewering bestaan byna glad nie en belastingbetalers se geld word vermors: