Verskeie mense gewond tydens Chinese Nuwejaarsvieringe naby Los Angeles

Verskeie mense is gewond in ‘n skietery in die Amerikaanse staat Kalifornië. Die voorval het in Monterey Park oos van Los Angeles plaasgevind waar duisende mense vroeër byeen was vir Chinese Nuwejaarsvieringe. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense geskiet is en of enigiemand dood is nie. Geen verdagtes is in hegtenis geneem nie. Die jaarlikse Chinese Nuwejaars-vieringe by Los Angeles het al vorige jare meer as 100 000 besoekers gelok.