Gedeeltes van Noord-Kaap van beurtkrag vrygestel

Eskom het die Kai Garib plaaslike owerheid in die Noord-Kaap vrystelling van beurtkrag verleen sodat sy waterbehandelings-aanleg aan die gang kan bly. Die munisipaliteit sukkel om water aan sy inwoners te verskaf tydens ‘n hittegolf wat gelei het tot die dood van sewe mense in die Kakamas-gebied. Een persoon is steeds in die plaaslike hospitaal. Die hulporganisasie Gift of the Givers het ook ingegryp en verskaf gebottelde water en watertenks aan die dors-geteisterde dorpe.