EIF hou konsultasies oor programme van Groen Klimaatfonds

Die Groen Klimaatfonds en die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, die EIF, het ‘n ooreenkoms in Songdo, Suid-Korea onderteken rakende finansierings-meganismes. Die EIF het konsultasies met sleutelrolspelers begin om hulpbronne te mobiliseer en programme daar te stel om die impak van klimaatsverandering in Namibië te versag. Die programme sal weer aan die Groen Klimaatfonds voorgelê word vir finansiering. Lot Ndamanomhata, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die fonds het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.