CCF het uitstekende waghonde vir vee

Die Cheetah Conservation Fund nooi boere uit om hul waghonde op hul plase te vestig om hul vee op te pas. Die fonds het sy werk met waghonde uitgebrei na die tipies Canis africanus honde toe. Vir meer as 20 jaar gebruik die fonds Anatoliese skaaphonde maar, die ras is duur en is ook groot en kos dus meer om te voer. Die fonds werk op die oomblik om gemengde rasse op te lei wat ook kommunale boere goed kan bystaan. In die verband word ongewenste werpsels ook ingeneem en die teef gratis gesteriliseer. Dr. Laurie Marker, die stigter van die fonds, sê aan Kosmos 94.1 Nuus boere is welkom om hul navorsingsentrum naby Otjiwarongo te besoek om meer oor die waghonde te leer.