TransNamib bespreek toekomsplanne

Alhoewel TransNamib ‘n suksesvolle feesseisoen vir sy passasiers-treindienste gehad het, het hy te min lokomotiewe en ander uitdagings om sy passasiers-roetes uit te brei. Die spesiale passasiers-dienste was groot verligting vir talle Namibiërs wat ná die vakansie uit die Noorde wou terugkeer weens ‘n gebrek aan busse en langafstand-taxi’s. Baie het toe gebruik gemaak van TransNamib se treine om terug te keer na die hoofstad. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe.