Tanzaniese opposisiepartye kan weer verkiesingsveldtogte hou
Die amptelike opposisieparty in Tanzanië, Chadema, gaan vandag vir die eerste keer in langer as ses jaar ‘n verkiesingsveldtog landwyd hou. Die voormalige President John Magufuli, wat in 2021 dood is, het ‘n jaar nadat hy aan bewind gekom het, alle verkiesingsveldtogte verbied. Sy eie party, die CCM, se saamtrekke het egter plaasgevind. Magufuli se opvolger, Samia Suluhu Hassan het ná sy dood van talle drakoniese besluite ontslae begin raak, soos die verbod op saamtrekke deur politieke partye. Sy het verklaar dat die vryheid van politieke uitdrukking ‘n universele reg is. Nog ‘n verbod wat opgehef is, is dié op swanger meisies wat verbied is om skool te gaan, asook die inentingsveldtog teen Covid-19.