Bosa verwerp regering se vertragingstegniek oor beurtkrag

Build One South Africa verwerp die regering se vertragingstaktiek om die wetlike uitdagings van beurtkrag te pak en die verhogings in kragpryse om te keer. Bosa se woordvoerder, Sbu Zondi, sê die ANC-regering is besig met ontduiking en vertraging terwyl burgers steeds in die donker sit. Volgens Zondi het die regsverteenwoordiger van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, op die nippertjie aangedui hy het ‘n bykomende twee weke nodig om op hulle dagvaarding te reageer.