Begrafnisondernemers steier onder beurtkrag

Begrafnisondernemers in die buurland swoeg om te verhinder liggame ontbind te midde van die kragonderbrekings. Volgens eienaars is dit ʼn gespartel om hulle ondernemings aan die gang te hou namate die energiekrisis verdiep. Om die bewaring van menslike oorskot te verseker, moet die temperatuur in koelstoor-geriewe minder as minus vyf grade Celsius wees. Dit word egter nou uiters moeilik vir eienaars van begrafnisondernemings. Die woordvoerder van die Nasionale Vereniging van Begrafnispraktisyns, Vuyisile Mabindisa sê daar is nog geen oplossing oor hoe lykshuise die koste kan dra nie.