Trump misbruik regstelsel – Florida regter
‘n Federale regter in Florida sê voormalige President Donald Trump is ‘n baasbrein in die strategiese misbruik van die regstelsel. Regter David Middlebrooks het Trump en sy prokureur Alina Habba opdrag gegee om boetes van sowat 17,28 miljoen Namibiese dollar te betaal. Dis vir ‘n onbenullige hofsaak wat gemaak is met die bewering dat Hillary Clinton en andere betrokke was by die Russiese ondersoek waarin onwettig saamgesweer is om Trump se reputasie skade aan te doen. In sy uitspraak het Middlebrooks gesê Trump is ‘n ervare en gesofistikeerde litigant wat herhaaldelik die howe gebruik vir wraak teen politieke teenstanders.