Beroep op boere om aan studie deel te neem
Die Namibiese Landbou-unie doen ‘n beroep op boere om deel te neem aan ‘n belangrike studie. Excel Dynamic Solutions, ‘n Namibiese omgewingskonsultasie maatskappy, doen ‘n studie wat daarop gemik is om die werksverhouding tussen eienaars van mineraalregte en grondeienaars in Namibië te ondersoek. Die doel is om ‘n beter begrip te skep en meganismes vir beter samewerking daar te stel. Skakels vir die verskeie opsies, wat ook mineraalregte-eienaars en staatsagentskappe insluit, kan by die unie bekom word. Die vraelyste neem ongeveer 5 minute op in te vul.