Amerikaner in Rusland van spioenasie aangekla

Rusland sê hy het ‘n strafregtelike saak aanhangig gemaak teen ‘n Amerikaanse burger wat van spioenasie verdink word. Die land se federale veiligheidsdiens sê die Amerikaner word verdink dat hy intelligensie-inligting ingesamel het oor biologiese onderwerpe wat teen Moskou se sekuriteit gemik is. Amerika se Departement van Buitelandse Sake sê hulle ondersoek die saak. Die nuus van hierdie ondersoek kom presies ses weke  nadat die basketbalspeler Brittney Griner uit Rusland vrygelaat is in ruil vir ‘n veroordeelde wapenhandelaar, Viktor Bout.