Baldwin krimineel aangekla na Rust-skietdood
Die akteur Alec Baldwin sal van onwillekeurige manslag aangekla word oor die skietery van die kinematograaf Halyna Hutchins, wat in Oktober 2021 op die stel van die rolprent Rust dood is. Hannah Gutierrez Reed, die fliek se wapenbewaarder, sal ook aangekla word. Mary Carmack-Altwies, distriksprokureur van Santa Fe, sê die aanklagte sal teen die einde van die maand ingedien word. Albei staar tot 18 maande tronkstraf en ‘n boete van 5 000 Amerikaanse dollar in die gesig indien hulle skuldig bevind word. Hulle sal deur ‘n jurie verhoor word.