SA Vleisverwerkers-vereniging sukkel om sy yskaste aan die gang te hou
Die Suid-Afrikaanse Vleisverwerkers-vereniging het sy kommer uitgespreek omdat die voedselbedryf sukkel om sy yskaste aan die gang te hou. Dit gebeur te midde van beurtkrag ten einde vermorsing hok te slaan. Baie verskaffers is genoodsaak om die hoeveelheid vleis wat verwerk word te verminder om verliese te bekamp. Die verskaffers moet weekliks honderde rande se kos weggooi. Die vereniging sê die kos kon nie eens aan liefdadigheidsorganisasies geskenk word nie weens gesondheidsowerhede se maatreëls.