PSUN wil arbeidskommissaris toe oor Stad Windhoek

Die Staatsdiens-unie van Namibië dreig om ‘n klag by die kantoor van die arbeidskommissaris teen Stad Windhoek aanhanging te maak omdat hulle nie sekere beamptes se uitstaande salarisse betaal het nie. Dit is tydens ‘n inligtingsessie aangekondig deur die vakbond se sekretaris-generaal, Matthew Haakuria, wat die munisipaliteit ‘n tydperk van 12 dae gegee het om op hul eise te reageer.