Saftu bekommerd oor hoë inflasie

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde vrees dat die hardnekkige hoë inflasie, wat bo sewe persent bly, tot meer rentekoersverhogings kan lei. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die dreigende rentekoersverhogings sal die lewensomstandighede van werkers vererger ten opsigte van skuldbetalings en lewenskoste.