Pupkewitz Toyota se #Futureinabag skenk aan leerders

Pupkewitz Toyota skenk skooltasse vir elke voertuig wat verkoop word. Die Pupkewitz-groep is bekend vir sy ondersteuning aan maatskaplike projekte en het ook reeds jare lank ‘n stigting wat sy eie uitreikwerk doen. Op 12 Januarie 2023 het Pupkewitz Toyota 320 skooltasse en potloodhouers met skryfbehoeftes aan die kinders by die Laerskool Faith oorhandig. Die maatskappy se #Futureinabag-veldtog is ‘n deurlopende projek. Die volgende oorhandiging sal in die tweede helfte van die jaar plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Claudia Starzacher-Dennis, die bemarkingsbestuurder van Pupkewitz Motors.