Tucna sê arbeidsministerie besluit oor vakante poste was na konsultasies gemaak

Die sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, Mahongora Kavihuha, sê die arbeidsministerie se besluit om aangewese werkgewers se drempel na tien toe afwaarts aan te pas, is geneem na wye konsultasies. Hy sê Tucna ondersteun die stap en sê dit is belangrik dat die regering die advertering van beskikbare poste koördineer. Maar, hy voeg by die Namibiese weermag en die Korrektiewe Diens se beleid vir aanstelling nie deursigtig is nie en kommer wek.

Ingevolge die stap, moet alle werkgewers met tien of meer werknemers vakante poste aan die arbeidsministerie beskikbaar stel vir die werkloosheid inligtingdatabasis waar werksoekers poste kan verkry.