Sheba se eienaar: Dis nie daardie Rassie nie

Daar word gegons oor berigte uit die buurland dat die eienaar van die rondloper tierwyfie, Sheba, wat Woensdagoggend van kant gemaak is, as ‘n ene Rassie Erasmus geïdentifiseer is. Dit is nie die direkteur van SA Rugby nie maar eerder, ‘n ander Rassie Erasmus. Walker’s Fruit Farms is ‘n groot landgoed in Johannesburg waar plotte en groter erwe beskikbaar is. Video’s van die eienaar van die tier, toon duidelik dat dit nie die bekende Rassie van SA Rugby is nie. Die man, wat baie aggressief teenoor die media was en die polisie uiteindelik moes ingryp, het ook geweier om met hulle te praat of gefotografeer te word, maar selfs met sy rug na die kamera gedraai is dit duidelik dit is nie SA Rugby se Rassie Erasmus nie.