Aussie Ope: Rublev is deur

Andrey Rublev wat reeds aan ses grand slam-kwarteindrondtes deelgeneem het, is deur na die derde rondte van die Australiese Ope. Die Rus het Emil Ruusuvuori van Finland met 6-2, 6-4, 6-7 en 6-3 verslaan. Rublev kom nou teen die 25ste gekeurde Daniel Evans van Brittanje te staan, met die negende gekeurde Holger Rune van Denemarke as moontlike teenstander in die vierde rondte. Evans het die Fransman Jérémy Chardy in skoonstelle afgeransel. In die vroue enkelspel-afdeling het Aryna Sabalenka van Belarus die Amerikaner Shelby Rogers met 6-3 en 6-1 geklop om ‘n plek in die derde rondte te verseker.