Daar is sistemiese probleme in Londen se Met-polisie

Londen se burgemeester, Sadiq Khan, sê daar is sistemiese kwessies in die polisiemag wat dringend aandag moet kry. Dit volg ná die David Carrick-verkragtingsaak. Die 48-jarige man wat meer as 20 jaar ‘n metro-polisiebeampte was, is ook een van Brittanje se grootste seksoortreders. Hy het skuld erken op tientalle verkragtings en seksuele oortredings ná aanvalle op 12 vroue. Khan sê die publiek se vertroue in die polisiemag moet herstel word: