TransNamib se saak teen rolbalklub moontlik in die weegskaal

Dit is nie bekend wat vanoggend voor hoërhofregter Hannelie Prinsloo sal gebeur wanneer die saak waar TransNamib poog om die TransNamib Rolbalklub te verwyder van sy perseel, voorkom nie. Die saak, wat verdedig word, was veronderstel om op 8 Desember amptelik vir bemiddeling verwys word maar, dit wil voorkom asof TransNamib se regsverteenwoordiger onttrek het en niemand het namens die maatskappy in die hof verskyn nie. Regter Prinsloo het die saak tot vanmiddag drie-uur uitgestel en TransNamib gemaan om te verseker hy is verteenwoordig. Geen verwysing vir bemiddeling sal voor dit gedoen word nie. Sedertdien, is geen dokumente deur enige van die partye, ook nie ‘n formele aankondiging van verteenwoordiging, op die regstelsel gelaai nie. TransNamib hou voor dat die huurooreenkoms met die rolbalklub reeds in 2012 verval het en dat die klub in 2019 kennis gegee is en moes in Januarie 2020 ontruim.