Greta Thunberg vrygelaat
Die Sweedse klimaatsaktivis, Greta Thunberg, is vrygelaat nadat sy vir ʼn kort rukkie saam met ander aktiviste aangehou is, na protesoptrede teen die uitbreiding van ‘n oopgroef-steenkoolmyn in Duitsland. Die dorp, Lützerath en vyf ander mag moontlik platgeslaan word na ‘n ooreenkoms om die ontginning van steenkool te versnel. Aktiviste glo Duitsland moet hom eerder toespits op die ontwikkeling van hernubare energie.