Voedselhulp: Regering pas selektiewe moraliteit toe
Die Landless People’s Movement het gereageer op die nuus dat die Karas-, Hardap-, Khomas- en Erongo-streke sedert 2021 geen begroting vir voedselhulp ontvang het nie. Die ander tien streke van die land het ‘n totale begroting vir 14 miljoen Namibiese dollar in die laaste kwartaal van verlede jaar ontvang. Die LPM se woordvoerder Eneas Emvula meen dit is selektiewe moraliteit wat deur die regering beoefen word.