Boksburg-tenkwa: Sterftes styg tot 41
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het bevestig die dodetal in die Boksburg-tenkwa-ontploffing het tot 41 gestyg. Sewe-en-dertig mense is beseer toe ‘n gastenkwa ontplof het nadat hy op Oukersaand onder ‘n laagliggende brug vasgesit het. Lesufi sê die polisie het hul ondersoek afgehandel en is gereed om die saak weer hof toe te neem. ‘n Johannesburgse prokureursfirma, RH Lawyers Incorporated, staan tans die families van diegene by wat deur die ontploffing geraak is om ‘n groepsgeding aanhangig te maak.