Wes-Kaap het 2023 akademiese jaar onder beheer

Wes-Kaapse skole het vanoggend sonder enige groot haakplekke vir die 2023 skooljaar heropen. Die provinsie se onderwys departement sê dinge het redelik glad verloop met owerhede wat nou hard daaraan werk om so gou as moontlik die naastenby 1 000 graad 1’s en graad 8’s, wat nog nie plekke by skole gekry het nie, te plaas. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent het meer.