Beroep op Suid-Afrikaners om volgende week op te ruk

Die DA-leier, John Steenhuisen, het ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om te mobiliseer en op te tree teen beurtkrag en die verwagte elektrisiteitstariefverhoging wat op 1 April in werking tree. Steenhuisen sê verskeie optogte sal in provinsies gehou word. Die DA in Gauteng sal volgende Woensdag opruk na die ANC se hoofkwartier, Luthuli-huis. Steenhuisen sê Suid-Afrikaners moet verenig en nie betaal vir korrupsie nie: