Kommer oor Afrika-aasvoël

Die Suid-Afrikaanse minister van die omgewing, Barbara Creecy het haar kommer uitgespreek oor die moontlikheid dat die Afrika-aasvoël kan uitsterf. Berigte dui daarop dat die voëls se uitsterwing te wyte is aan vergiftiging, elektriese skokke, habitat-veranderings en ongelukke. Volgens die konsep-multi-spesie bioverskeidenheids-bestuursplan vir aasvoëls in Suid-Afrika raak die uitsterwing ook die vasteland as geheel. Creecy sê die Nasionale Aasvoël-taakspan het broeibevolkings vir sewe van die nege spesies gevestig om hul voortbestaan te verseker.