Telecom soek summiere vonnis van N$5,5m teen MTN
Telecom Namibia dagvaar MTN vir betaling van amper 5,5 miljoen Namibiese dollar vir wat hy sê infrastruktuur is wat hy vir die maatskappy daargestel het. Die maatskappy sê in sy stukke dat hy sedert Maart 2002 vir MTN dienste gelewer het maar dat MTN sedert Januarie 2021 begin het om betalings mis te loop. ‘n Aansoek vir ‘n summiere vonnis is gebring wat MTN teen staan. Hoof argumente in die verband sal vandag deur regter Boas Usiku aanghoor word.