Nuwe reëls, kostes vir brandmerke

Die Vleisraad van Namibië is aangestel deur die registrateur van brandmerke in die landbouministerie om handelsmerke uit te reik en te bestuur. Die Vleisraad het produsente kennis gegee dat die oordrag van ‘n brandmerk op ‘n afspraakstelsel hanteer sal word. Afsprake sal op Dinsdae en Donderdae beskikbaar wees by die Windhoek-kantoor tussen nege-uur en 11-uur soggens. Die Vleisraad het ook ‘n verhoging in tariewe aangekondig wat reeds vanaf 4 Januarie in werking getree het. Om ‘n brandmerk te registreer kos vanjaar 163 Namibiese dollar terwyl die oordrag van ‘n brandmerk 59 dollar sal beloop. ‘n Duplikaatsertifikaat van ‘n brandmerk sal produsente 103 dollar uit die sak jaag.