Rundu sukkel steeds met waterdruk

Die Rundu-dorpsraad sukkel steeds met waterdruk-probleme omdat die aanbod nie aan die vraag voldoen nie en die dorp groei. In 2022 het die Rundu-dorpsraad nuwe water-aansluitings in alle gebiede van die dorp wat nie opgemeet is nie, tydelik opgeskort tot verdere kennisgewing. Dit is om watertoevoer na verskeie woongebiede met lae waterdruk te verbeter. ‘n Vooraf-betaalstelsel is ook deur NamWater geïnstalleer. Kosmos 94.1 Nuus het met Olavi Nathanael, hoof-uitvoerende beampte gepraat oor die jongste rakende die water-kwessie van die dorp.