SA hokkievroue verloor teen Spanje, Chili

Hokkie: Die Suid-Afrikaanse vrouespan het hulle tweede nederlaag in die groepfase van die FIH-hokkie-wêreldbeker in Valencia, Spanje, gely. Fernanda Villagrán het in die laaste oomblikke ‘n doel behaal en Chili het Suid-Afrika naelskraaps met twee-een geklop in hulle eerste oorwinning van die toernooi. Ntsopa Mokoena het Suid-Afrika se enigste doel aangeteken en spog nou met vier doele in vier wedstryde. Indië, Spanje en Ierland het ook hulle onderskeie wedstryde gewen. Chili se kaptein, Manuela Urroz, sê dit was ‘n taai wedstryd teen Suid-Afrika.