Owerheid sê oor openbare vervoerpermitte

Die aanpassings vir openbare vervoerpermitte wat deur die Paaie-owerheid bekend gestel is, geld net vir die vervoer van passasiers. Die permitte sal nou net geldig wees vir twee jaar en houers van die permitte moet ook die eienaars van die voertuie wees. Permitte kan vanaf 1 Desember tot 30 Junie volgende jaar, by die owerheid omgeskakel word, soos woordvoerder Hileni Fillemon verduidelik.

En in verband met die roete tussen Rosh Pinah en Oranjemund, met die Oranjerivier-vlakke wat vinnig styg, sê Fillemon die pad is steeds oop met die Rosh Pinah en Aussenkehr roete wat reeds gesluit is. Sy voeg by hulle monitor die situasie en sal padgebruikers in kennis stel sou iets verander.